about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

Entries in travel (13)

Friday
Jul112014

reflecting

My 3 gorgeous kids are on holiday and we're spending some quality time together.
I'm also thinking about a new venture with friends
and planning for changes I'd like to implement at the end of this month.
So, if I'm not here that often, follow me on Instagram or Pinterest.
And don't forget to look out for Crochet Ideas, on sale from August 4. 
You can pre-order a copy from Ideas Magazine.
Just send an email to julian.padua@media24.com
C x
PS The photo was taken of a lovely new coffee roastery and restaurant in Graaff-Reinet, Maria's, right next to Polka, in Somerset street. 
Tuesday
Feb042014

42 snapshots of paris... (part 1)

Wanneer jy in jou kamer kom op die 5e vloer, Hotel Clement, rue Clement, Saint Germain des Pres, en die venster oopgooi (!) kyk jy vas in 'n blombak vol viooltjies! Hulle lyk "fake", maar glo my hulle is  nie.

 

Dis eers wanneer jy die venster toemaak dat jy agterkom die mure is oorgetrek met lap, in die eg Paryse tradisie. In check. Die hele kamer.

 

En dan begin die stad jou van voor af oorrompel. Stadig maar seker. Om klein hoekies en draadjies. Rue Saint Benoit, Saint Germain des Pres.

 

Selfs net met wit verf teen 'n steenkoolkleur muur. Rue Bonaparte, Sain Germain des Pres.

 

Of hierdie kunswerk in papier, Que Voltaire in die sewende distrik (arrondissement).

 

houtskool+papier+skêr+gom+raam+Parys=kuns

 

Om nie van eetbare kuns te praat nie. La Duree, rue Jacob, 6th arrondissement.

 

Vrydagaand 24 Januarie eet ons by seker een van die oudste restaurante in Parys, Le Procope, rue L'Ancienne Comedie. In 1686 maak die Italianer Francesco Procopio dei Coltelli sy restaurant oop. Die muurpapier dateer uit 1830, om nie eens te praat van Napoleon se hoed by die voordeur nie. Hy kon blykbaar een aand nie sy rekening betaal nie, en het toe sy hoed daar gelos.

 

Ons besoek Saterdag 25 Januarie een van Europa se grootste Interieur- en meubelskoue, Maison & Objet, Parc des Expositions, Villepinte, noord van Parys. My oog vang dadelik hierdie bietjie breiwerk op 'n sytafeltjie. Breiwerk maak natuurlik enige interieur meer huislik!

 

Moisonnier ('n Franse meubelvervaardiger) beïndruk my weereens met die vreemdste kombinasie van oud/nuut, masjienvervaardig/handgemaak, maar veral met die "kuns" teen die muur. 'n Basis van grys vilt en gaatjies met kruisiesteek borduurwerk daarop.

 

Ek sal dit nie oor my hart kry om op hierdie mat te trap nie!

 

Sybokhaar velletjies word eenvoudig net oor kleinerige stoeltjies getrek en voila!

 

Of 'n (regte egte) boomstomp se splinters afgeskuur en in goud gelamineer.

Dit bring my by die ding wat my die meeste opval elke keer as ek in Parys kom: maak nie saak hoe antiek en spesiaal die meubels of die geboue of die lap is nie, daar is ALTYD iets eenvoudigs, iets handgemaaks, iets wat jou laat dink "magtag ek kon dit ook gedoen het" in die "mix". Ek dink dis die geheim. Dis die bekoring en dit grens vir my aan geheimsinnigheid. Die Engelse woord is "magic".

 

 

Selfs lap chihuahuas met krone op lyk hier glad nie kommin nie.

 

Borduurwerk op sy en selfs leer! "Quand la broderie s'en mêle" beteken letterlik wanneer die borduurwerk betrokke raak.

 

Eenvoudige mossteek, koussteek en geweefde 100% katoen kussings uit Italië.

 

En natuurlik hierdie ONGELOOFLIKE suksesverhaal uit Nedeland - Pip Studio. Volgens die verkoopspersoon sal Pip se klerereeks binnekort in Stuttafords in Suid-Afrika te koop wees.

 

Gehekelde lampskerms (weereens) op Missoni Homeware se stalletjie. As ek reg onthou was hulle verlede jaar in roomkleur...

 

'n Muur van miniatuurstoeltjies, niks groter as 10cm elk nie.

 

 Die Britse handelsmerk Colefax & Fowler verras met hierdie uitstalling waar die materiaal om leë blikke verf gedraai is. Dis soveel interessanter as 'n stoel of 'n bank wat oorgetrek is.

(... word vervolg)

Wednesday
Jan222014

travel journal

Dis alweer sulke tyd!

Ek en Neill vat Donderdag 23 Januarie ons top kliënte Parys (Frankryk) toe om die interieurskou Maison & Objet by te woon.

Wel, 2 dae word gespandeer aan harde werk, die res aan Parys!

Miskien is ek so behep met hierdie stad omdat dit (behalwe vir 2 dae in Londen) die enigste Europese stad is wat ek nog ooit besoek het...

Maar ek dink tog Parys het iets spesiaals - iets wat beleef moet word, iets wat nie beskryf kan word nie.

 

 

Soos verlede jaar, maak ek vir elkeen wat saamreis (ons is 9 hierdie jaar) 'n reisjoernaal of "travel journal".

Vir 'n paar redes: sodat almal weet wat, wanneer en waar gebeur, wanneer hulle eietyd het, sodat hulle dagboek kan hou van wat gebeur het en wat spesiaal was

EN sodat ons vir hulle kan dankie sê.

 

Ek is nou al lank besig om inspirasie bymekaar te maak vir die reisjoernaal - Pinterest is maar net die beste plek om dit te kry. Hier is my bord "travel journal inspiration".

Dan gebruik ek ook digitale plakboek-elemente (ek koop graag by Jessica Sprague en Pixel & Co).

Ek weet sommige mense sê knip en plak moet met die hande gedoen word, maar ek kry ongelooflike plesier daaruit om 'images' en fotos te "sny" en te "plak" en "in te kleur" met Photoshop Elements.

Dan sit ek altyd bietjie regte stik- en plakwerk by vir 'n handgemaakte gevoel.

Ek weet nie waarna sien ek meer uit nie: om my medereisigers se reaksie te sien as elkeen sy reisjoernaal kry, of om op die vliegtuig te klim Parys toe!

Ek kan nie wag nie.

C x

Friday
Jan252013

42 snap shots from paris

   '

 

 

 

 

'n Leeftyd is nie genoeg om Parys te ervaar nie.

Want dis wat jy doen as jy daar is.

Kan nie anders nie.

Ek was nog net 2 keer oorsee -

altwee kere Parys toe,

en elke keer wat ek teruggekom het

wonder ek:

hoe gaan my lewe ooit weer dieselfde wees?

Want Parys verander mens se lewe.

C x 

Wednesday
Jan162013

Je vais à Paris*

  

Ek en my man en drie van ons top kliënte vlieg more na die Stad van Lig toe.

Sneeu is voorspel vir Vrydag en Saterdag,

maar ek is nie bang nie.

Dit sal die 2e keer wees wat ek die stad besoek - met al sy mooi,

oud, lekker, interessant, vreemd en ongeskiktgeid.

As jy graag wil "deel" in die reis,

volg my op Intertex se Facebook page.

A la prochaine!

Cornel x

(* I am going to Paris)

Thursday
Dec062012

hello beach house

Ek het verlede week Saterdag

nog rondgeskarrel

om die laaste goed klaar te kry

vir ons strandhuis.

Sondag Colesberg toe gery

om oor te slaap by my ouers.

Maandagoggend vroeg weggery van die plaas af... met my liewe Ma saam met ons.

Na St Francis Baai.

 

 

 

Begin weg en regpak...

en so klein voorsmakie gekry van

planne wat oor 2 maande gemaak is.

Ons is ONGELOOFLIK

dankbaar en bly oor die voorreg

om 'n huisie by die see te hê.

Cornel x

PS O ja, 2 van ons 5 honde is ook hier...

Tuesday
Sep252012

taking a break

and feeling inspired.

We're in St Francis renovating a lovely little beach house ...

C x

Friday
Jul062012

weird/cute/awesome

Die Durban July is aan more (en ons is in Durban...) Danksy Juta het ek ook 'n hoed. Bietjie kleiner as die ene wat MM dra in die foto hierbo. Ek sal uitkyk vir gehekelde/gebreide pakkies. C x

Wednesday
Sep282011

paris is always a good idea

I have very fond memories of my first trip to Paris in January this year. My visit to La Droguerie, taking illegal photographs inside the shop (say "No photo!" with an irritated French accent) and buying 100% linen yarn the colour of my eyes. Que vous tricot ou crochet, ou non, en visite à Paris est toujours une bonne idée ...

(image of tattoo on shoulder found somewhere on the internet)

Monday
Feb072011

day 3 (paris)

Waking up in Paris is truly a luxury!

That's not even considering our 4-star hotel, Best Western Premier Louvre St Honore. Did I mention it is one block from the Louvre?

The French certainly know what to do with the little space they have available - the hotel being 4 meters wide and 2 rooms per floor. This is the view from our only window. Beauty is not wasted ...

There was no way I could have anticipated the beauty of this city.

Or how emotional I would be seeing these landmarks for the first time in real life. Never mind that I was on the open roof of a "hop on hop off"-bus in minus 3 degrees!

Who knew that a metal structure could be this majestic ...

Yes, I saw Mona Lisa, but this was my favourite piece as I took shelter from the cold in the Louvre.

What a better way than to experience the history of Paris as the main course and the heartbeat of this city for desert:

Kong is a Bar/Restaurant that overlooks the Seine and is designed by Phillipe Starck. Try to go home before 2 in the morning - simply impossible!