about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

Entries in ideas magazine (22)

Monday
Jul162012

a good idea

On kas reg te pak is 'n goeie idee, al is dit middel-van-die-winter.

Dis soos om die eerste dooie vel af te gooi voor die lente.

Saammet 'n paar kledingstukke wat 'n ander huis moet kry (ek het dit nog glad nie gedra hierdie jaar nie!), is daar 'n paar tydskrifte wat oppad asblik toe is. Voor hulle in die asblik beland, kyk ek altyd of daar idees in is vir huis/tuin/kos en skeur dit uit.

Kyk hierdie slim planne uit Idees Tydskrif se Oktober 2010 uitgawe.

C x

Monday
Jun252012

granny square jersey + give-away!!!

Nadat Idees Tydskrif se reuse wolbom by die Coca-Cola Dome afgehandel is en al die gehekelde en gebreide motiewe van die meubels afgehaal is en gestuur is na Knit-a-Square, het daar 'n paar Ouma-blokkies agtergebly. Hulle was bont en baie mooi. Hulle wou iets spesiaals wees. Nie 'n kombers nie. Iets anders ... 'n Ouma-blokkie trui.

Die truitjie sal jy sien in die Julie uitgawe van Idees tydskrif (of sy Engelse weergawe: Ideas Magazine, nou beskikbaar) met 'n BAIE eenvoudige  plan van hoe jy self so 'n truitjie kan hekel en aanmekaarsit.

Hier is die verrassing: Ek sal graag hierdie einste Idees truitjie wil weggee aan iemand wat oor die volgende 2 weke 'n "comment" (opmerking?) los onderaan hierdie "blogpost" wat insluit:

1. Jou naam en van

2. Posadres

3. Hoekom jy van brei en/of hekel hou.

Die wenner se naam sal uit 'n gehekelde hoed getrek word op Maandag 9 Julie, waarna ek die truitjie aan die wenner sal pos. Die truitjie pas 'n 34/36/klein 38 (hekelwerk rek mos).

Ek is baie opgewonde! C x

Tuesday
Apr172012

ta-da

Dit is hoekom ek MAL is oor kreatief wees. Wat ek in my kop gehad het, sit nou aan my lyf.

Hierdie truitjie se patroon sal in die Julie 2012 uitgawe van Idees tydskrif verskyn. C x

Tuesday
Apr102012

since i last blogged

Die 2 fotos hierbo vat letterlik saam wat ek mee besig was vandat ek laas ge"blog" het. 'n Onvergeetlike groot verrassing vir my man met sy verjaarsdag en 'n "granny square" truitjie vir Idees tydskrif se Julie uitgawe. Met 'n heerlike langnaweek tussen-in (fotos more). C x

Tuesday
Feb212012

idees tydskrif maart 2012

Ek het ene in my hand! En op bl 24 is daar 'n "resep" vir 'n baie mooi gordyn met 'n gehekelde rand en "corsages" uit lap. C x

Saturday
Feb182012

yarn bombing

Partykeer werk goed net perfek uit ...

Kyk na die gehekelde sirkel wat perfek pas op die ronding van die stoel ...

En hoe brei en hekel saamsmelt ...

Friday
Jan202012

ideas magazine

Hierdie is definitief 'n boksie wat ek kan tiek vir die week. 'n Naaldesakkie (wat ek BAIE graag eerder vir myself wou hou) vir die April uitgawe van Idees Tydskrif. Wie weet, dalk kan ek 2 ure afknyp hierdie naweek en vir my ook ene maak...

Drie dinge is verseker: ek is mal oor die grys/geel kombinasie, Ebony&Ivory se lint is die beste en ek kan reguit stik.

Hoop jy geniet joune (die naweek natuurlik!) Cornel x

Monday
Oct242011

any ideas?

 I LOVE crocheting, knitting, sewing, embroidering, spray painting for Ideas Magazine. The hard part is to write down every single detail and instruction, so that people who love crafting can do the same ...

Wednesday
Sep142011

more ideas ...

The photoshoot for the December issue of Ideas Magazine went really well this morning. I was asked to set a table for Christmas, focusing on table decorations. I had an opportunity to do some embroidery (which I LOVE and don't do very often) on my crisp white linen serviettes: "N" for Neill and "C" for me! C x

Wednesday
Aug312011

spring and the biggest yarnbomb in sa

South Africans are celebrating the start of Spring tomorrow.

Friends and I will also start work on the biggest yarnbomb ever in SA. Ideas magazine launched this wonderful project in their September issue on page 51 (Afrikaans edition).

You are invited to knit or crochet with us, anywhere in the world, with or without friends. So much better if you can do it in a coffee shop. We'd LOVE to see photos of your crafting and you're more than welcome to post it on Craft Share's face book page. C x