about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

Entries in embroidery (14)

Tuesday
Feb042014

42 snapshots of paris... (part 1)

Wanneer jy in jou kamer kom op die 5e vloer, Hotel Clement, rue Clement, Saint Germain des Pres, en die venster oopgooi (!) kyk jy vas in 'n blombak vol viooltjies! Hulle lyk "fake", maar glo my hulle is  nie.

 

Dis eers wanneer jy die venster toemaak dat jy agterkom die mure is oorgetrek met lap, in die eg Paryse tradisie. In check. Die hele kamer.

 

En dan begin die stad jou van voor af oorrompel. Stadig maar seker. Om klein hoekies en draadjies. Rue Saint Benoit, Saint Germain des Pres.

 

Selfs net met wit verf teen 'n steenkoolkleur muur. Rue Bonaparte, Sain Germain des Pres.

 

Of hierdie kunswerk in papier, Que Voltaire in die sewende distrik (arrondissement).

 

houtskool+papier+skêr+gom+raam+Parys=kuns

 

Om nie van eetbare kuns te praat nie. La Duree, rue Jacob, 6th arrondissement.

 

Vrydagaand 24 Januarie eet ons by seker een van die oudste restaurante in Parys, Le Procope, rue L'Ancienne Comedie. In 1686 maak die Italianer Francesco Procopio dei Coltelli sy restaurant oop. Die muurpapier dateer uit 1830, om nie eens te praat van Napoleon se hoed by die voordeur nie. Hy kon blykbaar een aand nie sy rekening betaal nie, en het toe sy hoed daar gelos.

 

Ons besoek Saterdag 25 Januarie een van Europa se grootste Interieur- en meubelskoue, Maison & Objet, Parc des Expositions, Villepinte, noord van Parys. My oog vang dadelik hierdie bietjie breiwerk op 'n sytafeltjie. Breiwerk maak natuurlik enige interieur meer huislik!

 

Moisonnier ('n Franse meubelvervaardiger) beïndruk my weereens met die vreemdste kombinasie van oud/nuut, masjienvervaardig/handgemaak, maar veral met die "kuns" teen die muur. 'n Basis van grys vilt en gaatjies met kruisiesteek borduurwerk daarop.

 

Ek sal dit nie oor my hart kry om op hierdie mat te trap nie!

 

Sybokhaar velletjies word eenvoudig net oor kleinerige stoeltjies getrek en voila!

 

Of 'n (regte egte) boomstomp se splinters afgeskuur en in goud gelamineer.

Dit bring my by die ding wat my die meeste opval elke keer as ek in Parys kom: maak nie saak hoe antiek en spesiaal die meubels of die geboue of die lap is nie, daar is ALTYD iets eenvoudigs, iets handgemaaks, iets wat jou laat dink "magtag ek kon dit ook gedoen het" in die "mix". Ek dink dis die geheim. Dis die bekoring en dit grens vir my aan geheimsinnigheid. Die Engelse woord is "magic".

 

 

Selfs lap chihuahuas met krone op lyk hier glad nie kommin nie.

 

Borduurwerk op sy en selfs leer! "Quand la broderie s'en mêle" beteken letterlik wanneer die borduurwerk betrokke raak.

 

Eenvoudige mossteek, koussteek en geweefde 100% katoen kussings uit Italië.

 

En natuurlik hierdie ONGELOOFLIKE suksesverhaal uit Nedeland - Pip Studio. Volgens die verkoopspersoon sal Pip se klerereeks binnekort in Stuttafords in Suid-Afrika te koop wees.

 

Gehekelde lampskerms (weereens) op Missoni Homeware se stalletjie. As ek reg onthou was hulle verlede jaar in roomkleur...

 

'n Muur van miniatuurstoeltjies, niks groter as 10cm elk nie.

 

 Die Britse handelsmerk Colefax & Fowler verras met hierdie uitstalling waar die materiaal om leë blikke verf gedraai is. Dis soveel interessanter as 'n stoel of 'n bank wat oorgetrek is.

(... word vervolg)

Friday
Nov222013

craft share on friday 22 november

This is my FAVOURITE photo from this morning's Craft Share.

Please have a look on Facebook for more photos...

Cornel x

Friday
Oct182013

7 brilliant ideas for your home from marie claire idees

Met die 31e Oktober net om die draai, is die pampoen-idee my no 1!

 

Hekel kom gewoonlik eerste, ek weet. Hoe slim is hierdie vir herwinning! En baie prakties.

Is jy soos ek? Ek gooi baie moeilik 'n mooi karton-sakkie weg. The Space se sakke is my gunsteling 'local'  met hulle "no one cares what you wore yesterday" en dan natuurlik Laduree (dis my gunsteling macaroon-winkel in Parys, Frankryk).

 

 Hierdie kan net so goed op 'n ou hemp ook werk...

 

 Al daardie spesiale koppies sonder pierings kom hier tot hulle reg. Ek's mal oor die verskeidenheid van kerse, blomme en 'nibbles' in die koppies.

 

Dis eintlik so eenvoudig: witgeverfde rakkies (koop dit by Lotter's Pine) met geskenk- of plakpapier agter-in om jou bont bekers en bakkies te komplimenteer.  

Dink flenterjies lap met spesiale betekenis, of geskenkpapier? Baie oulik.

Hoop jy's geïnspireer.

Lekker naweek,

Cornel x

Wednesday
Oct162013

bazar de roulottes

Hierdie "petit panier des bois"* lyk dalk so bietjie OTT**,

maar dit wys jou wat jy met lap en lint kan regkry!

Dis van die blog bazar de roulottes -

jy kan selfs die 'kit' bestel om dit self te maak...

C x

(*klein houtmandjie, **te erg?)

Wednesday
Oct022013

street art

Ek het dié stukkie kuns vanmiddag onder die jakarandaboom, oorkant die poskantoor, in 13de Straat Menlopark, gekoop by Gretha.

Sy maak vir my nog, sodat ek daarmee kan tafel dek.

Gretha doen borduurwerk, hardangerwerk en hekelwerk.

As jy haar wil kontak om haar te ondersteun, skakel haar by (072) 9554152.

Sy het dit nodig.

C x

Monday
Sep302013

hopping mad

Here's a lovely selection of the most adorable bunnies sewed, knitted and crocheted!

I'm already considering making at least one of these as a Christmas gift for a friend.

What are you planning to give?

Or is it too early?

Cornel x

Sunday
Jul142013

cOnieco on etsy

Paulina is an embroidery artist living in Warsaw, Poland.

Her beautiful brooches are for sale in her brand new

etsy shop, cOnieco.

She describes her brooches as

"totally handmade by me with love and lots of care".

I totally agree!

C x

Friday
Nov092012

craft share on friday 2 november

Wednesday
Sep262012

found in visi spring 2012

Charlotte Lancelot designed rugs, pouffes and scatters

by reinterpreting the traditional art

of tapestry-making...

C x

Wednesday
Sep142011

more ideas ...

The photoshoot for the December issue of Ideas Magazine went really well this morning. I was asked to set a table for Christmas, focusing on table decorations. I had an opportunity to do some embroidery (which I LOVE and don't do very often) on my crisp white linen serviettes: "N" for Neill and "C" for me! C x