about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

Friday
Feb142014

happy valentine's day!

 

Ek het hierdie uitgedruk

en uitgesny net wat nodig was.

 

 

Die konsertina-gevoude papier is agter "ons twee" geplak, sodat dit driedimensioneel is

(dink aan hanswors wat met 'n veer uit die boks spring...)

Liefdesboodskappies geskryf,

ryspapier en dan 'n bessie-geur makaroen in, met 4 uitgesnyde harte los bo-op gestrooi.

Afgerond met 'n troufotojie en die laaste hart, rooi ingekleur.

Ek hoop om net so 'n groot soen te kry vanaand!

Gelukkige Valentynsdag!

C x

Thursday
Feb132014

valentine's day printable box

 

Mens kan so BAIE doen met 'n drukker, papier, skêr, gom en 'n sin vir humor!

Dis maar net een van die redes hoekom ek hierdie 'n Valentynsdosie noem.

Boksie, dosie ... wat is die verskil?

Jy kan die A4-grootte prent uitdruk, vou, plak en versier met min moeite.

(Kliek net op die prent hierbo en druk uit;

click on the image above & print)

Sit 'n bietjie sjokolade in,

of 'n makaroen (eg Franse koekie van amandel, suiker, eier en room).

Ek gaan môre vir 'n paar vriendinne elkeen een gee-

dis hoekom die een papierlint sê:

[ons] hekel so lekker saam! gelukkige valentysdag"

en die ander papierlint

leeg is.

Dis vir jou eie boodskappie.

Dan's daar nog 'n plek vir 'n liefdesnota ook (in 'n praatwolkie).

Die "ons" of "ons twee" word bo-op die dosie geplak.

Die harte kan ingekleur word en los binne-in die boksie gegooi word.

Ek maak later vandag myne en sal fotos opsit.

Die lewe is soveel beter as ons liefde (en vriendskap) kan vier!

Cornel x

PS Die PDF is nog 'n beter kwaliteit as jie jpeg hierbo. Kry hom hier.

As jy 'n slim drukker het (dis nou 'n "printer", nie 'n ou nie), sal hy die prent op 96% uitdruk. x

Wednesday
Feb122014

ingeval jy wonder

Monday
Feb102014

hoe ek voel oor hekel

 

Jy weet dis waar!

 

 

Want dit kalmeer my.

 

 

Soos jy al agtergekom het.

 

 

As jy graag hierdie prente wil uitdruk,

sodat jy jouself beter kan uitdruk

(of net vir die lekker),

kliek op die een van jou keuse.

Jou rekenaar sal jou na die 4 pdf dokumente op Dropbox neem, wat, wanneer jy hom afgelaai het, op A4 uitgedruk kan word.

Indien jy dit bietjie HARDER wil sê, druk dit gerus uit op A3 of selfs A2.

Die kwaliteit sal nogsteeds baie goed wees.

Wees geduldig as dit aflaai - die prent sal nie oopmaak voor hy nie ten volle afgelaai is nie.

Ek stuur juis nou my keuse per epos na 'n betroubare drukkers-vriend.

Indien jy plakboeke maak (scrapbooking), sal jy weet wat 'n "journal card" is.

Hier is hulle.

Ek het hierdie joernaalkaarte uitgedruk, uitgeknip en een langs my bed teen die muur geplak.

Raai watter ene.

Lekker hekel.

Cornel x

Sunday
Feb092014

ek hou van

 

en ek hou van "brush script".

Dis 'n kunsvorm waarmee jy verf (gouache), kwas (Sumi) en lettertipe ("font") kombineer in woorde of frases.

Kal Barteski bied 'n aanlyn-kursus aan op Studio Calico se webtuiste met die naam life scripted.

Die geheim is (seker) om BAIE te oefen.

Hier is een van my pogings wat ek vir 'n vriendin, Christelle, van Haak-en-stekie-blog-faam , verander het in 'n Facebook 'banner' (ken iemand tog die Afrikaanse woord hiervoor?):

 

 

 

Christelle se hekelgroep op Facebook, Ons Hekel, het 5130 lede!

Net 'n bewys van hoe gewild hierdie handwerkKUNS is.

Jy doen sulke goeie werk Christelle!

C x

PS Die volgende aanlyn-kursusse op my wenslysie is:

Introduction to the Art of Modern Calligraphy van Molly Jacques

of dalk die

Love mini workshop with Wilna Furstenberg.

Dit bestaan uit videos en aantekeninge en jy kan dit volg op jou eie tyd ...

Tuesday
Feb042014

42 snapshots of paris... (part 1)

Wanneer jy in jou kamer kom op die 5e vloer, Hotel Clement, rue Clement, Saint Germain des Pres, en die venster oopgooi (!) kyk jy vas in 'n blombak vol viooltjies! Hulle lyk "fake", maar glo my hulle is  nie.

 

Dis eers wanneer jy die venster toemaak dat jy agterkom die mure is oorgetrek met lap, in die eg Paryse tradisie. In check. Die hele kamer.

 

En dan begin die stad jou van voor af oorrompel. Stadig maar seker. Om klein hoekies en draadjies. Rue Saint Benoit, Saint Germain des Pres.

 

Selfs net met wit verf teen 'n steenkoolkleur muur. Rue Bonaparte, Sain Germain des Pres.

 

Of hierdie kunswerk in papier, Que Voltaire in die sewende distrik (arrondissement).

 

houtskool+papier+skêr+gom+raam+Parys=kuns

 

Om nie van eetbare kuns te praat nie. La Duree, rue Jacob, 6th arrondissement.

 

Vrydagaand 24 Januarie eet ons by seker een van die oudste restaurante in Parys, Le Procope, rue L'Ancienne Comedie. In 1686 maak die Italianer Francesco Procopio dei Coltelli sy restaurant oop. Die muurpapier dateer uit 1830, om nie eens te praat van Napoleon se hoed by die voordeur nie. Hy kon blykbaar een aand nie sy rekening betaal nie, en het toe sy hoed daar gelos.

 

Ons besoek Saterdag 25 Januarie een van Europa se grootste Interieur- en meubelskoue, Maison & Objet, Parc des Expositions, Villepinte, noord van Parys. My oog vang dadelik hierdie bietjie breiwerk op 'n sytafeltjie. Breiwerk maak natuurlik enige interieur meer huislik!

 

Moisonnier ('n Franse meubelvervaardiger) beïndruk my weereens met die vreemdste kombinasie van oud/nuut, masjienvervaardig/handgemaak, maar veral met die "kuns" teen die muur. 'n Basis van grys vilt en gaatjies met kruisiesteek borduurwerk daarop.

 

Ek sal dit nie oor my hart kry om op hierdie mat te trap nie!

 

Sybokhaar velletjies word eenvoudig net oor kleinerige stoeltjies getrek en voila!

 

Of 'n (regte egte) boomstomp se splinters afgeskuur en in goud gelamineer.

Dit bring my by die ding wat my die meeste opval elke keer as ek in Parys kom: maak nie saak hoe antiek en spesiaal die meubels of die geboue of die lap is nie, daar is ALTYD iets eenvoudigs, iets handgemaaks, iets wat jou laat dink "magtag ek kon dit ook gedoen het" in die "mix". Ek dink dis die geheim. Dis die bekoring en dit grens vir my aan geheimsinnigheid. Die Engelse woord is "magic".

 

 

Selfs lap chihuahuas met krone op lyk hier glad nie kommin nie.

 

Borduurwerk op sy en selfs leer! "Quand la broderie s'en mêle" beteken letterlik wanneer die borduurwerk betrokke raak.

 

Eenvoudige mossteek, koussteek en geweefde 100% katoen kussings uit Italië.

 

En natuurlik hierdie ONGELOOFLIKE suksesverhaal uit Nedeland - Pip Studio. Volgens die verkoopspersoon sal Pip se klerereeks binnekort in Stuttafords in Suid-Afrika te koop wees.

 

Gehekelde lampskerms (weereens) op Missoni Homeware se stalletjie. As ek reg onthou was hulle verlede jaar in roomkleur...

 

'n Muur van miniatuurstoeltjies, niks groter as 10cm elk nie.

 

 Die Britse handelsmerk Colefax & Fowler verras met hierdie uitstalling waar die materiaal om leë blikke verf gedraai is. Dis soveel interessanter as 'n stoel of 'n bank wat oorgetrek is.

(... word vervolg)

Saturday
Feb012014

february desktop calendar

Ek kan nie glo Januarie is oor-en-uit nie!

Hello Februarie!

Vir hierdie maand se kalender het ek bladsy 4 van my Parys toerjoernaal gebruik as inspirasie.

Let wel, die elemente hierbo is nie my eie nie, maar 'n kombinasie van internet- en digitale plakboek-elemente,

met die kenmerkende hekel itempie regs onder op die bladsy.

Kliek op die kalender hierbo vir die 1280x800 pieksel agtergrond vir jou laptoppie hierdie maand.

(click on the image above for the 1280x800 pixel desktop calendar for February)

As jy graag wil hê dat al jou toestelle moet pas,

kry dit hier:

iPhone

iPad

Blackberry

Samsung Galaxy

C x

Friday
Jan312014

from our garden

 

My dogter het hierdie blomme gepluk vir haar kamer.

Dit was so 'n mooi komposisie (kleur, tekstuur, wild en getem), dat ek dit net moes afneem.

Sy't dit in 'n baie eenvoudige konfytbotteltjie gesit en 'n grys en room gestreepte lint omgebind...

C x

 

Tuesday
Jan282014

last day in paris

Monday
Jan272014

paris

Ag herre...
Les Deux Magots
Saint Germain des Pres
Paris
France