about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

« ek hou van | Main | february desktop calendar »
Tuesday
Feb042014

42 snapshots of paris... (part 1)

Wanneer jy in jou kamer kom op die 5e vloer, Hotel Clement, rue Clement, Saint Germain des Pres, en die venster oopgooi (!) kyk jy vas in 'n blombak vol viooltjies! Hulle lyk "fake", maar glo my hulle is  nie.

 

Dis eers wanneer jy die venster toemaak dat jy agterkom die mure is oorgetrek met lap, in die eg Paryse tradisie. In check. Die hele kamer.

 

En dan begin die stad jou van voor af oorrompel. Stadig maar seker. Om klein hoekies en draadjies. Rue Saint Benoit, Saint Germain des Pres.

 

Selfs net met wit verf teen 'n steenkoolkleur muur. Rue Bonaparte, Sain Germain des Pres.

 

Of hierdie kunswerk in papier, Que Voltaire in die sewende distrik (arrondissement).

 

houtskool+papier+skêr+gom+raam+Parys=kuns

 

Om nie van eetbare kuns te praat nie. La Duree, rue Jacob, 6th arrondissement.

 

Vrydagaand 24 Januarie eet ons by seker een van die oudste restaurante in Parys, Le Procope, rue L'Ancienne Comedie. In 1686 maak die Italianer Francesco Procopio dei Coltelli sy restaurant oop. Die muurpapier dateer uit 1830, om nie eens te praat van Napoleon se hoed by die voordeur nie. Hy kon blykbaar een aand nie sy rekening betaal nie, en het toe sy hoed daar gelos.

 

Ons besoek Saterdag 25 Januarie een van Europa se grootste Interieur- en meubelskoue, Maison & Objet, Parc des Expositions, Villepinte, noord van Parys. My oog vang dadelik hierdie bietjie breiwerk op 'n sytafeltjie. Breiwerk maak natuurlik enige interieur meer huislik!

 

Moisonnier ('n Franse meubelvervaardiger) beïndruk my weereens met die vreemdste kombinasie van oud/nuut, masjienvervaardig/handgemaak, maar veral met die "kuns" teen die muur. 'n Basis van grys vilt en gaatjies met kruisiesteek borduurwerk daarop.

 

Ek sal dit nie oor my hart kry om op hierdie mat te trap nie!

 

Sybokhaar velletjies word eenvoudig net oor kleinerige stoeltjies getrek en voila!

 

Of 'n (regte egte) boomstomp se splinters afgeskuur en in goud gelamineer.

Dit bring my by die ding wat my die meeste opval elke keer as ek in Parys kom: maak nie saak hoe antiek en spesiaal die meubels of die geboue of die lap is nie, daar is ALTYD iets eenvoudigs, iets handgemaaks, iets wat jou laat dink "magtag ek kon dit ook gedoen het" in die "mix". Ek dink dis die geheim. Dis die bekoring en dit grens vir my aan geheimsinnigheid. Die Engelse woord is "magic".

 

 

Selfs lap chihuahuas met krone op lyk hier glad nie kommin nie.

 

Borduurwerk op sy en selfs leer! "Quand la broderie s'en mêle" beteken letterlik wanneer die borduurwerk betrokke raak.

 

Eenvoudige mossteek, koussteek en geweefde 100% katoen kussings uit Italië.

 

En natuurlik hierdie ONGELOOFLIKE suksesverhaal uit Nedeland - Pip Studio. Volgens die verkoopspersoon sal Pip se klerereeks binnekort in Stuttafords in Suid-Afrika te koop wees.

 

Gehekelde lampskerms (weereens) op Missoni Homeware se stalletjie. As ek reg onthou was hulle verlede jaar in roomkleur...

 

'n Muur van miniatuurstoeltjies, niks groter as 10cm elk nie.

 

 Die Britse handelsmerk Colefax & Fowler verras met hierdie uitstalling waar die materiaal om leë blikke verf gedraai is. Dis soveel interessanter as 'n stoel of 'n bank wat oorgetrek is.

(... word vervolg)

PrintView Printer Friendly Version

EmailEmail Article to Friend

Reader Comments (4)

Dis nou 'n visuele treat.
Ek is vir altyd en ewig op soek na rooi check soos in die chambre d'hote op 'n Normandiese plaas waar ons oorgebly het. Ek wil sulke gordyne hĂȘ

February 4, 2014 | Unregistered CommenterStel

Hi Stellie, dankie! Het jy 'n foto van die check? Ek weet van 'n paar checks op 'n paar plekke...

February 4, 2014 | Registered CommenterCornel

Sadly, no :-(
Die check is in my kop. Ek soek maar soos ek sien.

February 5, 2014 | Unregistered CommenterStel

So inspirerend! Dankie dat jy die fotos gedeel het!

February 9, 2014 | Unregistered CommenterLiezl

PostPost a New Comment

Enter your information below to add a new comment.
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>