about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

« Bon jour paris | Main | my prudent advice »
Wednesday
Jan222014

travel journal

Dis alweer sulke tyd!

Ek en Neill vat Donderdag 23 Januarie ons top kliënte Parys (Frankryk) toe om die interieurskou Maison & Objet by te woon.

Wel, 2 dae word gespandeer aan harde werk, die res aan Parys!

Miskien is ek so behep met hierdie stad omdat dit (behalwe vir 2 dae in Londen) die enigste Europese stad is wat ek nog ooit besoek het...

Maar ek dink tog Parys het iets spesiaals - iets wat beleef moet word, iets wat nie beskryf kan word nie.

 

 

Soos verlede jaar, maak ek vir elkeen wat saamreis (ons is 9 hierdie jaar) 'n reisjoernaal of "travel journal".

Vir 'n paar redes: sodat almal weet wat, wanneer en waar gebeur, wanneer hulle eietyd het, sodat hulle dagboek kan hou van wat gebeur het en wat spesiaal was

EN sodat ons vir hulle kan dankie sê.

 

Ek is nou al lank besig om inspirasie bymekaar te maak vir die reisjoernaal - Pinterest is maar net die beste plek om dit te kry. Hier is my bord "travel journal inspiration".

Dan gebruik ek ook digitale plakboek-elemente (ek koop graag by Jessica Sprague en Pixel & Co).

Ek weet sommige mense sê knip en plak moet met die hande gedoen word, maar ek kry ongelooflike plesier daaruit om 'images' en fotos te "sny" en te "plak" en "in te kleur" met Photoshop Elements.

Dan sit ek altyd bietjie regte stik- en plakwerk by vir 'n handgemaakte gevoel.

Ek weet nie waarna sien ek meer uit nie: om my medereisigers se reaksie te sien as elkeen sy reisjoernaal kry, of om op die vliegtuig te klim Parys toe!

Ek kan nie wag nie.

C x

PrintView Printer Friendly Version

EmailEmail Article to Friend

Reader Comments (3)

Jy gaan lekker baie hê om ons te vertel!

January 27, 2014 | Unregistered CommenterStel

Oooo Parys! Defnitief 'n baie spesiale plek! Die laaste keer wat ek daar was, was saammet my geliefde en ons het ons passie vir kuns oral daar na-geloop! Wat 'n seëning en voorreg om hierdie stad te kan hê as deel van jou geheue!!

January 30, 2014 | Unregistered CommenterLiezl

@liezl SOOO waar! Wat is jou gunsteling plek in Parys?

January 31, 2014 | Registered CommenterCornel

PostPost a New Comment

Enter your information below to add a new comment.
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>