about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

« filcant | Main | paris »
Friday
Nov082013

craft share on friday 8 november

Van links na regs is Magriet, Christelle (sy't Ons Hekel begin op Facebook), ek met Lilly (een van ons 5 honde!) en Maryna (wat sorg dat ons altyd Vinnis het om mee te hekel). Nie op hierdie foto nie is Susan en Zelda.

Hierdie is 'n ongelooflike mooi kombers wat Zelda gehekel het. Zelda het die mooiste kleure saam gebruik, met net hier en daar 'n tikkie wit.

Een van ons 2 Boston terriërs, George, wou niks mis nie. Ek noem hom "Baby George" of sommer "snoekie poekie".

Hierdie oulike blokkie is sommer uit oorskiet-wol gehekel. Magties, ek dink ek moet sulke oorskiet-wol gaan koop!

Hierdie is my werkie. En ja, my +1.00 brilletjie... Op 44 het my oë skielik lui begin word as ek naby kyk.

Christelle besig om 'n poef-oortreksel te hekel met t-shirt "wol".

Mooiste prentjie met Kovsie-rose uit Zelda se tuin, en Rice Krispie en sjokolade bolletjies wat Magriet gemaak het. Hierdie keer het ons BAIE tee gedrink. Ek sal definitief 'n bietjie sjampanje bedien met ons volgende en laaste Craft Share op 22 November.

 

 En dis Chloe, wat altyd reg is om 'n stoel te deel met een van my gaste.

Jy kan na ons album kyk op Facebook.

Ek gee verwysings ('links') na amper al die patrone wat gehekel is.

Geniet jou naweek!

 Cornel x

PrintView Printer Friendly Version

EmailEmail Article to Friend

Reader Comments (5)

Dankie vir die mooiste prentjie inspirasie!!

November 9, 2013 | Unregistered CommenterLiezl

Ah, wat 'n lekker oggend was dit!

November 9, 2013 | Unregistered CommenterChristelle

Die woord waaraan ek dink is "meaningful". Skies, betekenisvol (soos Zelda my sal reghelp). C x

November 9, 2013 | Registered CommenterCornel

Dankie dat jy altyd soveel moeite doen om die foto's so mooi te laat lyk EN veral dankie vir jou pragtige, inspirerende huis en jou sagte, geduldige hekelraad gee, Cornel!

November 9, 2013 | Unregistered CommenterZelda de Kock

Plesier Zelda! Ek geniet elke oomblik van ons saamhekel. En natuurlik nogsteeds jou pragtige rose...

November 9, 2013 | Registered CommenterCornel

PostPost a New Comment

Enter your information below to add a new comment.
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>