about me

 

Hello! I’m Cornel and I blog about things that inspire me, things I’ve made and Craft Share, the craft group I started in 2009.

You'll find lots of crochet on my blog, as well as my crochet and sewing projects for Ideas Magazine, since September 2011.

enter your email address to get posts delivered to your inbox:

« craft share on friday 22 november | Main | crocheted cake topper »
Wednesday
Nov202013

hybrid tea roses

Ek het vanmiddag gou deur my nuut-aangeplante rose gestap om dooie knoppe af te snoei. Ek kon presies 6 blomme pluk vir my huis. Laat ek hulle aan jou voorstel:

hierbo is Mr Lincoln.

Dan is daar Memoire ...

en Strilli. Ek moet sê die een ruik lekkerder as die ander.

My vereistes was 'n verskeidenheid van kleur en sterk geur.

Wat is beter as jy jou neus so IN 'n roos indruk en diep inasem ... vir daardie swaar soet roosgeur!

Inteendeel, Mr Lincoln het my so beïndruk, dat ek 2 plante geplant het.

Wenk: As die blomme of rose wat jy gepluk het nie harmonieus in een houer lyk nie, waarom gee jy nie vir elkeen sy eie nie. Dit werk vir my!

Hier is my plantlys:

- Anne Colle (ek ken die regte Anne Colle - baie talentvolle en kreatiewe vrou)

- Artista Panarosa (room-en-rooi gestreepte roos!!!)

- Duftwolke (ek onthou as kind dat my ma van hulle geplant het)

- Johline

- Just Joey (die knoppe lyk witvoor hulle oopmaak)    

- Memoire

- Mr Lincoln

- Papa Meilland (my ma se absolute gunsteling)

- Steve Hofmeyr (ek kon hom nie weerstaan nie)

- Strilli (die enigste een wat na niks ruik nie, maar 'haar' kleur is ongelooflik)

- Zulu Royal

Watter roos is jou gunsteling? Ek sal graag wil weet, daar's nog 'n paar 'gaatjies' om te vul ...

C x

PS As jy gewonder het wat "hybrid tea" beteken:

"Hybrid tea is an informal horticultural classification for a group of roses. They were created by cross-breeding two types of roses, hybrid perpetuals and tea roses. It is the oldest group classified as a modern garden rose.

Hybrid tea flowers are well-formed with large, high-centred buds, supported by long, straight and upright stems. Hybrid teas are the world's most popular type of rose due to their color and flower form. The fact that their flowers are usually borne singly at the end of long stems, makes them popular as cut flowers" - Mirriam Webster dictionary

PrintView Printer Friendly Version

EmailEmail Article to Friend

Reader Comments (2)

Ek kan onthou hoe ek as kind saam met my ouma deur die tuin gestap het en sy my van elke roos vertel het. Just Joey was haar gunsteling....die reuk was hemels!!

November 21, 2013 | Unregistered Commentermaryna

@maryna: dis baie spesiaal! Marietjie (wat saammet ons hekel) sĂȘ sy plant NET Just Joey. x

November 21, 2013 | Registered CommenterCornel

PostPost a New Comment

Enter your information below to add a new comment.
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>