Thursday
Feb022012
transformation
Thursday, February 2, 2012 at 3:18AM 
My oudste het 16 jaar oud geword (sjoe). En ‘n baie mooi sestien daarby...
So om dit te vier, is daar partytjie gehou by ons huis Saterdagaand. Ons partytjieresep: deure oop, meubels uit, goeie musiek, lekker kos en goeie vriende (die keer hare). Dit werk elke keer.
Dit voel soos gister wat ek haar as ‘n pap baba in my arms gehou het. Ek moet dit sê: Sy’t so gou groot geword en al is die tienerjare nie maanskyn en rose nie, bly sy my mooiste hart-se-punt.
Ek kan nie wag om te sien wat sy met haar lewe gaan maak nie.



Reader Comments (1)
Sjoe, sy't regtig pragtig gelyk! Jy't 'n pragtige rokkie gemaak, stunning!
Ek kan ook nie glo die klein blommemeisietjie van 10 jaar terug is al 16 nie!
Enjoy haar en al die tienerwees dinge ook, moes net keer of Anriette was ook daar, X