one cozy tea cosy
Wednesday, September 21, 2011 at 8:51PM Inspired by Ingrid's beautiful blanket on her Wood and wool stool-blog, I crocheted 'till the early hours of this morning to finish my first tea cozy.
For all my friends on Craft Share, here's the pattern for the circle (or square) motif in Afrikaans:
Ingrid teemus motief
Hekel 4 ks met 3,5mm-hekelpen in kleur A. Gebruik dubbelbreidraad.
Las die laaste ks met ‘n gls aan die 1e ks om ‘n ring te vorm.
1e rdte: Hekel 3 ks, hekel 11 lb in die ring. Las die laaste lb met ‘n gls in die 3e ks. Heg af.
2e rdte: Las kleur B tussen 2 lb van rdte 1. Hekel 3 ks, hekel 1 lb in dies sp. *Hekel 2 lb in vlg sp tussen lb*, her van *tot* nog 10 keer. Las die laaste lb met ‘n gls in die 3e ks. Heg af.
3e rdte: Las kleur C in sp tussen 2 lb-grp van rdte 2. Hekel 3 ks, hekel 1 lb in dies sp. *Hekel 1 ks, hekel 2 lb in vlg sp tussen 2 lb-grp*, her van *tot* nog 10 keer. Las die laaste lb met ‘n gls in die 3e ks. Heg af.
4e rdte: Heg kleur D in enige 1 ks-sp van rdte 3. Hekel 3 ks, hekel 3 lb in dies sp. *Hekel 4 lb in vlg 1 ks-sp*, her nog 10 keer. Heg af. Werk al die los punte weg.
Vir ‘n vierkant:
4e rdte: Heg kleur D in enige 1 ks-sp van rdte 3. Hekel 3 ks, hekel 2 hlb in dies sp. *Hekel 1 ks, hekel 3 hlb in vlg 1 ks-sp, hekel 1 ks, [hekel 2 lb, 1 dsl, 1 ks, 1 dsl, 2 lb] in vlg 1 ks-sp, hekel 1 ks*, hekel 3 hlb in vlg 1 ks-sp**, her van *tot** nog 2 keer, her van *tot* een keer, . Las die ks op pen met ‘n gls in die 3e ks. Heg af. Werk al die los punte weg.
crochet,
other blogs,
patterns 


Reader Comments (5)
wow ....en geluk met jou Idees plasing...Afrkaner Trots op jou!!
Hi, jou tea cosy is te pragtig en ek geniet jou blog baie. het dit gister in die Ideas Tydskrif gesien. Daardie foto van julle groepie vriendinne is so so inspirerend. Ek is ook gek oor hekel en het verlede jaar ook my eie patrone begin ontwerp na ek myself uit 'n boek leer hekel het. Kyk gerus na my website...dalk inspireer dit julle weer. Ek gaan beslis jou tea mussie ook probeer. Jou kleure is so mooi en die kussing in die tydskrif is AWESOME !!!! My 2 dogters is mal daaroor. My site: www.deliciouscolours.co.za Groete Petra van Durbanville in die Kaap.
Dankie Petro!
Hallo Petra! Lekker om jou te "ontmoet". Jy hekel self ongelooflike oulike en oorspronklike goed.
Ek LOVE jou Raspberry tea cozy en Pansy slippers. Ek bestel graag hierdie 2 patrone. C x
Dis nou een van die mooiste en oorspronklikste teemussies wat ek in 'n lang tyd gesien het. Jy is 'n INSPIRASIE!
Dankie Ria! Was heerlik om in hierdie klere te werk. C x